Lank, lank gelede ...

Om af te skop, ek weet dat die meeste van ons nog nie 50 jaar oud is nie, maar een ding is verseker.....

MUSIEK

ONSRADIO

5/19/20231 min read

Om af te skop, ek weet dat die meeste van ons nog nie 50 jaar oud is nie, maar een ding is verseker..... musiek van 50 jaar gelede is nog steeds gewild vandag, miskien net omdat dit nogsteeds "sag-oppie-oor" is en dat ons kan gemaklik saansing !

Vandag, 50 jaar gelede, omtrent 589 maande, was ek in Standerd 8 (Graad 10) en 15 jaar oud en my musieksmaak sterk besig om gewortel te raak !

Met 'n radiogram in die voorhuis, 'n paar langspeelplate o.a. Ivan Rebroff en Leonora Veenemans was ek baie aangewese op my FMpie waar ek saans met ligte-uit onder die komberse na LM Radio uit Mosambiek "skelm" geluister het, op kortgolf ! So by so dink ek die "skelm-luister" het die ervaring soveel lekkerder gemaak en die heimwee soveel groter ! Natuurlik het ons Vrydagaande na Springbok Radio se TOP20 geluister ..... waarskynlik die hoogtepunt van ons musiek-week.

En dan, die gereelde geskarrel om jou gunstelinge te "tape" op kasset, met jou draagbare bandopnemer, met die gepaardgaande geswets as die DJ (aanbieder) in die middel van die lied begin praat ! En dan praat ons van die "Goeie Ou Dae" !!! Vandag, kan ons daardie ervarings nie ergtig eers verduidelik aan ons kinders en kleinkinders nie !

En as julle nou wonder wat was gewild in Suid Afrika 50 jaar gelede, hier is die Springbok Radio TOP20 treffers gedurende Mei 1973:

1 - Can’t Keep it In – Cat Stevens

2 - We Believe in Tomorrow – Freddy Breck

3 - I Don’t Wanna Play House – Barbara Ray

4 - The Love in Your Eyes – Vicky Leandros

5 - I’m on Fire – Maria

6 - Never Never Never – Shirley Bassey

7 - Daniel – Elton John

8 - Killing Me Softly with His Song – Roberta Flack

9 - Woman (Beautiful Woman) – Don Gibson

10 - Toy Train – John Edmond